Cloud Nine Self-catering Holiday Units
Cloud Nine Self-catering Holiday Units, an outstanding self-catering establishment placed in Protea Ridge, Gauteng, is perfectly suited for your holiday break and is priced from R750 p/unit... view more details about Cloud Nine Self-catering Holiday Units »
Reviews (1)
Naweek in Roodepoort
Ons is vriendelik verwelkom en ons eerste aand by Cloud nine was baie lekker en rustig. Pragtige omgewing en mooi huisie. Ons tweede aand was baie onaangenaam. Nadat ons n troue bygewoon het en half 11 Saterdag aand terug gekeer het na ons gastehuis, is ons begroet met harde karaoke musiek en geraas van mense. Ek het die eienaar gesms en herhaaldelik gebel, maar geen antwoord gekry. Drie uur die volgende oggend het die musiek nogsteeds luidkeels aangegaan en het my man die eienaar uiteindelik in die hande gekry en die musiek is afgesit. Hy het kom omverskoning vra toe ons die oggend vertrek en gese daar was n verjaarsdag partytjie. Dit gaan ons verstand te bowe dat daar genoem word in hulle "reels boekie" dat inwoners hulle medegaste in ag moet neem in terme van harde musiek en partytjies.- maar dan verhuur hulle self dan een gedeelte van die gastehuis juis vir n partytjie? Ons aanvaar hulle verskoning maar voel dit was baie onregverdig om tot drie uur die oggend n partytjie te hou met baie harde musiek. Ons moes daai oggend moeg vertrek terug na ons tuiste. Jammer, dit was glad nie rustig soos wat ons gedink het dit sou wees nie.
Malinda Strumpfer, South Africa
Obligation free quote!